Leiers in Beroepsgesondheid en Veiligheid
BAYTECK GROUP OF COMPANIES
Gevestig. Gefokus. Betroubaar. Tot u diens
Ons nasionale ondersteuningslyn 0860 770 770 verseker dat kliënte asook potensiële kliënte direkte toegang het tot kundige bystand, veral in kritieke situasies waar bv. ‘n brandopsporingsisteem onverwags geaktiveer word of wanneer onmiddellike hulp benodig word.
Bayteck voldoen volledig aan SANS Regulasies en is in lyn met Nasionale Gesondheids en Veiligheidsraamwerke, wat verseker dat ons oplossings nie net doeltreffend is nie, maar ook wettig en betroubaar.
BTA
BAYTECK TRAINING ACADEMY
LEER MEER
BFSA
BAYTECK FIRE
LEER MEER
BDSS
BAYTECK DETECTION & SPRINKER SYSTEMS
LEER MEER
SHEQ
BAYTECK SAFTEY, HEALTH & ENVIRONMENTAL QUALITIES
LEER MEER
24/7 Noodbystand
By Bayteck fokus ons daarop om sterk, volhoubare vennootskappe te bou deur konsekwent uitstekende diens en eersteklas brandbeskermingsoplossings te lewer. Met dekades se ervaring in die bedryf het ons die vertroue gewen van kliënte wat op ons staatmaak om te beskerm wat die belangrikste is hul mense, eiendom en gemoedsrus.
Ons nasionale ondersteuningslyn 0860 770 770 verseker dat kliënte asook potensiële kliënte direkte toegang het tot kundige bystand, veral in kritieke situasies waar bv. ‘n brandopsporingsisteem onverwags geaktiveer word of wanneer, ander onmiddellike bystand benodig word.
U VEILIGHEID IS BY BAYTECK PRIORITEIT — ONS BESKERM LEWENS, BATES EN VOORTBESTAAN.
By Bayteck eindig ons verbintenis nie by installasie nie ons ondersteun u elke stap van die pad, 24 uur, 7 dae ‘n week, 365 dae van die jaar, tot dat u, u bevoegtheid sertifikaat in u hand het.
Ons hoogs bekwame en gekwalifiseerde professionele span handhaaf die hoogste bedryfsstandaarde in ons Opleiding, Brandtoerusting, Brandopsporing, Ventilasie en Sprinkelstelsels asook SHEQ.
Ons SHEQ Departement ondersteun u maatskappy met die bestuur van Risiko, Veiligheidslêer, Ontruimings en Ouditinspeksies. Dit is altyd beter om te voldoen aan die Departement van Indiensneming en Arbeid se regulasies, as om nie voldoende te bevind word nie en onnodige boetes in die gesig te staar.
NAKOMING IS ‘N VEREISTE NIE ‘N OPSIE NIE.
Benewens produkte en installasies bied ons ‘n verskeidenheid geakkrediteerde opleiding deur ons Bayteck Training Academy. Hierdie programme kan aangepas word om aan u onderneming se unieke operasionele behoeftes te voldoen en verseker dat u span volledig voorberei is om vinnig en selfversekerd op te tree tydens ’n noodsituasie.
Soos ons CEO – Mnr Jackie Page dikwels sê:
“Wees verseker van ons beste aandag en diens te alle tye.”
Waarom ons?
Wat ons werklik onderskei, is nie net die kwaliteit van ons produkte en dienste nie, maar ook die mense daaragter. Ons toegewyde span is passievol oor veiligheid, professionaliteit en kliëntesorg en verseker dat elke kliënt persoonlike aandag, kundige leiding en betroubare naverkoopondersteuning ontvang.
As u vir Bayteck kies, kies u ’n vennoot waarop u kan staatmaak vandag, môre en in enige noodsituasie. Met ’n Nasionale voetspoor en jarelange ervaring in die brandbeskermings en veiligheidsbedryf, bied ons met trots ’n volledige reeks oplossings wat aan die hoogste Regulasies en Operasionele Standaarde voldoen.
Ons bied:
- SABS goedgekeurde toerusting en installasies
- Volledige voldoening aan SANS en Beroepsgesondheid en Veiligheidsregulasies
- Hoogs opgeleide en bekwame werknemers by alle takke
- Verskeidenheid geakkrediteerde opleiding deur ons Bayteck Training Academy.
- Bestuur met betrekking tot Risiko, Veiligheidslêers, Ontruimings en Oudits
- Vinnige omkeertye met konsekwente nasionale dienslewering
- ‘n Praktiese benadering gefokus op die bou van langtermyn kliënteverhoudings
By Bayteck is dit om verwagtinge te bereik slegs die beginpunt — dit oortref is ons standaard.
Enige Navrae?
KONTAK ONS
Maandag – Vrydag: 08:00 – 17:00
Bloemfontein · Durban · George · Johannesburg · Kaapstad ·Nelspruit · Polokwane · Port Elizabeth · Pretoria · Vredenburg · Vryheid · Windhoek
Hou die spasie dop ……. NUWE TAKKE WORD GEOPEN