Loopbaan Geleenthede

LOOPBAAN GELEENTHEDE

By Bayteck bied ons nie net werk nie, ons skep geleenthede om te groei, te ontwikkel en ’n betekenisvolle verskil te maak.

As ’n trots Suid-Afrikaanse maatskappy met ’n Nasionale teenwoordigheid en ’n visie vir Internasionale uitbreiding, is ons voortdurend op soek na passievolle, bekwame en doelgerigte individue om ons dinamiese span te versterk. Of jy ’n tegnikus, veiligheidsbeampte, afrigter of administratiewe professionele persoon is, bied Bayteck ’n professionele werksomgewing waar jou bydrae waarde het en jou loopbaangroei doelbewus ondersteun word.

Waarom Bayteck die regte plek vir jou loopbaan is

  • Word deel van ’n doelgerigte span wat toegewyd is aan die redding van lewens en die beskerming van eiendom.
  • Werk in ’n vinnig groeiende maatskappy wat inisiatief, innovasie en uitnemendheid waardeer.
  • Profiteer van deurlopende opleiding en vaardigheidsopgradering deur ons geakkrediteerde Opleidingsakademie.
  • Geniet regverdige behandeling, loopbaanbevorderingsgeleenthede en ’n oop, ondersteunende werkomgewing.
  • Dra aktief by tot die skep van veiliger werkplekke en gemeenskappe.

Loopbaangeleenthede

Ons is voortdurend op soek na talentvolle individue wat gretig is om saam met ons te groei en ’n verskil te maak.

Om aansoek te doen, stuur asseblief jou CV per e-pos na hr@bayteck.co.za.

Sodra jou e-pos ontvang is, sal jy outomaties ’n stel voorafkeuringsvrae ontvang. Voltooi dit asseblief en stuur dit terug om jou aansoek te finaliseer.

GROEI SAAM MET ONS. BESKERM SAAM MET ONS. SLAAG SAAM MET ONS.

Leerlingskap: Tegniese Leerlinge vir Brandbestrydingstoerusting

Verkoops konsultante

Veiligheidsbeampte

SAQCC-geregistreerde brandbestrydingtoerusting tegnikus

Admin en ontvangs 

Leerlingskap: National Occupational Certificate Occupational Health and Saftey Officer

Kliente Diens Konsultante

Finansies

Enige Navrae?

KONTAK ONS

Maandag – Vrydag: 08:00 – 17:00

Bloemfontein · Durban · George · Johannesburg · Kaapstad  ·Nelspruit · Polokwane · Port Elizabeth · Pretoria · Vredenburg · Vryheid · Windhoek

Hou die spasie dop ……. NUWE TAKKE WORD GEOPEN