OOR ONS

Veiligheid | Gesondheid | Omgewingsgehalte

Die Bayteck Groep

Ons maatskappy is sedert Junie 1996 goedgekeur en erken deur die Departement van Indiensneming en Arbeid sowel as die SABS.

Vir amper meer as drie dekades het Bayteck besighede veiliger en wetlik volhoubaar gemaak, en ons kliënte vertrou Bayteck om nie net hul besighede nie, maar ook hulle personeel te beskerm.

By Bayteck is ons trots om te spog met ons topklas brandtegnikuste in die bedryf, sowel as naverkope kliënte diens.

Ons is daartoe verbind om ons kliënte van produkte en stelsels te voorsien wat hulle teen verlies en skade as gevolg van brand en ander gevare te beskerm.

Bayteck Fire verskaf en diens verskeie brandblussers, brandslangrolle en brandkrane. Ons dienste het die verskaffing en installering van brand- en nooduitgangstekens, sowel as die installering van “kanester” brand alarm, brandkomberse, branddeure, deursluiters en nooduitgang-drukstang ingesluit

Bayteck se SHEQ ” Safety, Health, Environment, and Quality” bied ‘n reeks veiligheidsoplossings, insluitend die skep en bestuur van veiligheidslêers, beroepsgesondheid en -veiligheid. Beroepsgesondheids Wet 85 van 1993, span en die aanstelling opleiding, brandveiligheidsdienste en voldoening aan Suid-Afrikaanse regulasies soos die Beroepsgesondheidswet, Wet 85 van 1993.